Brandstofpryse sal na verwagting in November verder daal. Die daling gebeur danksy ’n sterker rand en laer internasionale olieprys.
Brandstof kan tot 27 c/l daal en diesel met ’n verwagte 11 c/l. Die prys van paraffin, wat meestal vir kookdoeleindes gebruik word, gaan na verwagting met 15 c/l styg.
Die Automobiel-Assisiasie (AA) sê die wisselkoers en die prys van olie is die afgelope twee maande meer bestendig. Dit dui daarop dat brandstofpryse weer stabiliseer.



