Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 863 meer geword. Daar is nou 719 714 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 19 111 en 648 654 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 752 596 toetse vir die virus doen.



