Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 092 meer geword. Daar is nou 717 851 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 19 053 en 647 833 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 726 875 toetse vir die virus doen.



