PRETORIA. – ’n Man is op borg van R3 000 vrygelaat nadat hy na bewering ’n kleuterskool se Covid-19-geld in sy eie sak gesteek het.
R15 000 van die werkloosheidsversekeringsfonds
Kapt. Ndivhuwo Mulamo, woordvoerder van die Valke, sê Lesiba Samuel Modiba (45) het glo R15 000 van die werkloosheidsversekeringsfonds wat in Mei vanjaar aan die Durbanville-kleuterskoolakademie betaal is, gesteel.
Modiba is Maandag in hegtenis geneem en is Dinsdag in die Pretoriase handelshof op borg vrygelaat.
Die saak word op 18 November 2020 hervat.



