Asteroïed gaan dan dalk aarde tref

Deel hierdie storie / Share this story

Die 370 m lange asteroïed, Apophis, wat in 2029 so naby aan die aarde sal verbygaan dat mens dit met die oog sal kan sien, versnel tans. Dit beteken die asteroïed se trajek kan net genoeg verander sodat hy die aarde in 2068 kan tref.

‘n Impak met die aarde

“Ons weet al ‘n geruime tyd dat ‘n impak met die aarde nie moontlik is gedurende die 2029-benadering nie,” het Dave Tholen van die Universiteit van Hawaii se Instituut vir Sterrekunde (IfA) gesê, wat die beweging van Apophis in die lug sedert sy span dit in 2004 ontdek het, dopgehou het.

Apophis sal op 13 April 2029 verby die aarde gaan wanneer mense dit met die blote oog sal kan sien. Sal die aarde wel 2068 oorleef?