OOS-KAAP. – Die baba se ma, Yamkela Nkotha (22), en ’n sekswerker, Brenda Simoko (30), het Maandag in die landdroshof op aanklag van mensehandel verskyn
Luxolo Tyali, polisiewoordvoerder, sê Nkotha is op 22 Oktober in hegtenis geneem nadat die pa van haar 11 dae oue baba die kind as vermis aangemeld het. Simoko, ‘n Zimbabwiese burger, is die afgelope naweek in Kemptonpark in Gauteng deur die Valke in hegtenis geneem. Die baba is na berwering uit ‘n kamer wat Simoko glo prostitusie gebruik het, gered.
Volgens Tyali dui polisieondersoeke daarop dat Simoko die kind teen ‘n onbekende bedrag by Nkotha gekoop het.
Die saak is tot 2 November uitgestel.



