August 4, 2021

Gerugte oor strenger inperking ‘onaanvaarbaar’, sê B4EL

Gerugte doen nou al vir ‘n paar dae die rondte dat dit ’n uitgemaakte saak is dat Suid-Afrika weer na vlak drie van inperking sal oorgaan.

Die organisasie Business for Ending Lockdown (B4EL) het gister gesê hierdie gerugte is ‘onaanvaarbaar’.

Die organisasie se verklaring volg kort op die hakke van ’n WhatsApp-boodskap wat die rondte doen waarin ’n onbekende man sê dat die land weer na vlak drie van inperking sal skuif.

Hierdie stemboodskap is vals nuus en is soortgelyk aan die stemboodskap wat vroeër vanjaar oor die drankverbod uitgestuur is.

In die verklaring verwys Russel Lamberti na dr. Mkhize, minister van gesondheid, se opmerking oor die nuwe vlaag infeksies in sekere provinsies. Mkhize het gesê ‘n nuwe vlak van inperking sal oorweeg word wanneer die departement van gesondheid aanbevelings aan die koronavirusbevelsraad maak.

“Daar is geen goeie rede dat die inperkingsmaatreëls strenger gemaak moet word nie. Dit sal meer kwaad as goed doen,” lui die verklaring.

Gerugte dat president Cyril Ramaphosa die nasie sal toespreek, doen ook nou al vir die afgelope paar dae die rondte. Geen aankondiging is egter tot dusver hieroor gemaak nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *