Man dwing meisie (14) om te trou

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man het ’n meisie (14) gedwing om met hom te trou, haar verkrag en haar onwettig in Suid-Afika ingebring.

As kinderoppasser gaan werk

Die meisie, van Mozambiek, is deur haar bure na ’n huis geneem onder die indruk dat sy as kinderoppasser gaan werk. Met haar aankoms by die huis is daar aan haar gesê sy is Angelo Mulambo (30) se tweede vrou. Sy is na sy kamer geneem en gedwing om ’n bed met hom te deel.

Volgens die nasionale vervolgingsgesag is die meisie daarna ontwettig in Suid-Afrika ingebring. Sy het hier saam met Mulambo en sy eerste vrou gebl,y asook ‘n bed met hulle gedeel.

Tronkstraf van 22 jaar ontvang

In September 2017 het die meisie daarin geslaag om na die buurman se huis te hardloop, waar sy alles aan hom vertel het. Hy het dadelik die polisie ontbied en Mulambo is in hegenis geneem.

Mulambo is van mensehandel, verkragting, ontvoering en hulp aan ‘n persoon om onwettig in die land te wees, aangekla.

Mulambo het tronkstraf van 22 jaar ontvang nadat hy in die Pretoria-hooggereshof verskyn het.