Die Covid-19-infeksiesyfer in Suid-Afrika het sedert gister met 1 622 meer geword. Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 18 968.
Daar is in totaal 715 868 positiewe gevalle van die virus aangemeld, waarvan 646 170 persone van die virus genees is, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 697 939 toetse vir die virus doen.



