Senekal-moordverdagte appelleer

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL. – Sekwetje Mahlamba (32) wat vir die moord op Brendin Horner aangekla word, sal Vrydag in die Bloemfontein-hooggeregshof verskyn.

Mahlamba verskyn om teen die Senekal-landdroshof se besluit om hom nie op borg vry te laat nie, te appelleer.

Dit volg nadat die ander verdagte, Sekola Matlaletsa (44) borg van R5 000 toegestaan is. Deon van Rooyen, landdros, berig daar is geen direkte bewyse wat Matlaletsa met die moord verbind nie. Tydens die hof is dit ook bekendgemaak dat die bloedmonsters wat in Horner se bakkie gevind is, nie ooreenstem met Matlaletsa se DNS nie.

Van Rooyen sê Matlaletsa is nie ’n vlugrisiko nie, want hy het ’n eiendom op Paul Roux en geen familiebande in Lesotho nie. Matlaletsa moet elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 08:00 by die Paul Roux-polisiestasie rapporteer.