NOORD-KAAP. – ‘n Leser het dié foto, wat gisteraand tydens verwoestende brande in die Noord-Kaap en Vrystaat geneem is, aan FiND iT gestuur.
“Kyk die gesig regs in die foto wat alle gebeure dophou van bo,” sê Johan Smit, ‘n leser.
Die foto is gisteraand by Dronfield, ongeveer 10 km buite Kimberley op die N12 na Johannesburg, deur Etienne Burger, geneem.
As jy foto’s het van die brande, stuur aan [email protected], met ‘n aanduiding van waar die foto geneem is en op watter plaas.



