KYK: Blitsrooftog op video vasgevang

Deel hierdie storie / Share this story

’n Video van ’n blitsrooftog wat by ’n restaurant in Sunninghill Village-winkelsentrum in Gauteng plaasgevind het, is wyd op sosiale media versprei.

Die voorval het omstreeks 14:30 Donderdag plaasgevind. Die video wys hoe ’n gewapende man oor ’n heining spring en ’n wapen op die mense rig. Hy en nog ’n gewapende man wat deur die CCTV-kameras raakgesien kan word, beroof dan die mense en verdwyn straataf.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1142689502812741/

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is die slagoffers van hulle horlosies en selfone beroof. Die mans is toe in ’n silwerkleurige BMW daar weg, sê hy.

Die polisie is na vier verdagtes op soek en moedig die gemeenskap aan om met inligting na vore te kom.