Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, sê die brand wat gister in die Dronfield-omgewing uitgebreek het, het tot dusver meer as 100 000 hektaar verwoes.
Die vuur het boere se vee laat vrek en baie boere ly groot skade. “Ons weet nog nie presies hoeveel rand se skade die brande aangerig het nie, maar ons sal binnekort meer inligting hê.”



