Dronfield-brande nou geblus

Deel hierdie storie / Share this story

Die brande wat gistermiddag in die Dronfield-omgewing begin woed het, is uiteindelik heeltemal geblus.

“Die manne is nou besig om te onttrek. Daar is hier en daar ‘n ietsie wat nog smeul, maar mens kan maar sê die brande is geblus,” sê Marie Beyleveld, DA-raadslid in Kimberley.

“Bitter baie dankie vir elkeen se bydrae. Die gemeenskap het so mooi saamgewerk en besighede het hande gevat om te help. Daar het selfs boere uit Vryburg my gekontak. Sonder almal se bydrae sou ons dit nie gemaak het nie!”