Vrou eerste in ses dekades om doodstraf te ontvang

Deel hierdie storie / Share this story

WASHINGTON. – ’n Vrou sal die eerste gevangene in ses dekades wees wat die doodstraf sal ontvang. Lisa Montgomery is tot doodstraf gevonnis omdat sy ’n swanger vrou doodgesteek het, haar liggaam opgesny en haar baba gesteel het.

Die departement van justisie in Washington het bevestig Montgomery sal op 8 Desember 2020 die doodstraf deur middel van ‘n inspuiting ontvang. Sy sal die negende gevange wees wat die doodstraf kry sedert die departement van justisie in Julie ná ’n onderbreking van byna 20 jaar die doodstraf hervat het.

Montgomery is in Desember 2004 skuldig bevind aan die moord op die Bobbie Jo Stinnett (23) van Missouri.

Montgomery het gemaak asof sy ’n hondjie by Stinnett wou koop. Toe sy by die huis aankom, het Montgomery ’n tou gebruik om Stinnett, wat agt maande swanger was, te wurg, maar Stinnett was by haar bewussyn en het probeer om haarself te verdedig toe Montgomery die baba met ’n kombuismes uitsny.

Aanklaers sê Montgomery het die baba uit die lyk van Stinnett verwyder, die kind saamgeneem en probeer om voor te gee die baba is haar eie.