Kind (9) skok glo dood

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ’n Kind (9) is doodgeskok as gevolg van beweerde onwettige verbindings van elektriese drade.

TimesLive berig die kind het aan ontblote kabels geraak wat verby hulle informele nedersetting loop, wat gebruik word om glo onwettig elektrisiteit aan te voer. Die informele nedersetting waar dié voorval plaasgevind het, is een van die vele brandpunte in die stad wat deur City Power geïdentifiseer is, waar onwettige elektriese verbindings voortdurend plaasvind.

Die stad se lid van die burgemeesterskomitee vir omgewing, infrastruktuur en dienste, Mpho Moerane, het die voorval bevestig en sê dit het verlede week plaasgevind. Moerane het ook teen die gevare van onwettige verbindings gewaarsku.