Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 050 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 706 304 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 581 346 toetse vir die virus doen. Daar is 639 568 persone van die virus genees en 18 656 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



