SENEKAL. – Die Senekal-landdroshof het vanoggend gehoor ’n staatsgetuie wat beweer Brendin Horner se vermeende moordenaars het in ‘n taverne gespog oor hoe hulle ’n boer aangerand het, het glo doodsdreigemente ontvang.
Daar word beweer die staatsgetuie gaan in beskerming geplaas moet word. Kapt. Gerhardus Myburgh sê daar is aan die staatsgetuie gesê sy sal nie teen Desember meer lewe nie.
Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (43) word aangekla vir die moord op Brendin Horner (21). Horner se lyk is op 2 Oktober aan ’n paal vasgemaak, gevind. Die twee verdagtes het vir die eerste keer op 6 Oktober in die Senekal-landdroshof verskyn waar hulle borg geweier is. Hulle maak vandag weer ’n verskyning in die hof nadat hulle saak Vrydag uitgestel is.



