AfriForum bied hulp aan boere

AfriForum-Boshof het ’n noodhulpfonds wat hulp aan boere wat deur die brande geaffekteer word.

Die brande woed tans tussen Boshof en Hertzogville asook tussen Warrenton en Windsorton. Johan Steenkamp, van AfriForum, sê dat hulle weiding en hulp met veeartskostes aan boere bied. AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om plaasname en kontakbesonderhede van mense wat deur die brand geraak is, te gee. Mense kan ook skenkings en geldelike bydraes aan die fonds maak.

Doodgebrand

“Een van die boere waarmee ek vanoggend gepraat het, het 600 skape verloor. Hulle het doodgebrand,” sê Steenkamp. Hy sê die laaste groep mense wat help om die brand te bestry, is eers vanoggend om 07:20 daar weg toe die brand onder beheer is.

“As gevolg van die hitte, droogte en wind kan die brand na enige rigting versprei.” Steenkamp sê ongeveer 40 000 hektaar grond is al verwoes.

AfriForum-hoofkantoor

AfriForum het die hulpfonds laas gebruik om hulp aan boere tydens die droogte te bied.

Die verspreiding van die skenkings sal deur AfriForum-hoofkantoor hanteer word. Vir bankbesonderhede kan Steenkamp by 072 024 3029 gekontak word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *