Geen vullisverwydering weens vervalde lisensies

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Na ’n week lange staking, gaan daar weereens geen dienslewering en vullisverwydering plaasvind nie, aangesien lisensieskyfies van die munisipaliteit se vullisvragmotors verval het.

Thoko Riet, munisipale woordvoerder, het aan FiND iT gesê die lisensieskyfies op die munisipale vullisvragmotors het verval. ‘Voordat ons nuwe lisensies kan aanvra, moet ons die vragmotors vir ’n sertifikaat neem.” Riet sê daar is onsekerheid oor hoe lank die proses gaan neem.

Die vullis word al vir drie weke nie verwyder nie.