Die 60-jarige slagoffer was gisteroggend aan die slaap toe ‘n verdagte deur die venster geklim het, haar met ‘n hamer aangeval en daarna na bewering verkrag het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die voorval het glo om 01:30 op Prieska plaasgevind.
Die slagoffer ontvang tans behandeling in ‘n hospitaal.
Enigiemand met inligting in verband met die beweerde verkragting, kontak asseblief vir sers. Riaan van Wyk bu 082 067 7135. Inligting sal vertroulik hanteer word.



