Plaasaanval by gastehuis

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Gaste het die naweek by ’n vuur buite Addo gesit en braai toe vyf verdagtes met balaklawas hulle bekruip.

Een van die gaste het die verdagtes gewaar en die ander in kennis gestel. Een van die verdagtes het begin skiet en ’n koeël het ’n gas in die bolyf getref. ’n Ander gas is lig beseer nadat ’n koeël sy enkel rakelings getref het.

Die verdagtes het met ’n skootrekenaar, ’n beursie, ’n handsak en ’n selfoon van die toneel gevlug.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê twee klagtes van poging tot moord, asook ’n derde klag van roof word ondersoek.