Ma vergiftig glo gesin

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Ses maande oue baba het oorleef nadat ’n ma (29) glo haarself en die res van haar gesin vergiftig het.

Die vrou het na bewering ’n stryery met haar man gehad waarna sy met haar kinders na haar ouerhuis teruggekeer het. Die vrou se ma het laatmiddag op haar en die vyf kinders se lyke afgekom. Sy het dadelik die nooddienste ontbied.

Nie ’n brief agtergelaat nie

Die ma en twee van die kinders is op die toneel dood verklaar. Daar is met die ander drie kinders na die hospitaal gejaag, maar twee van die kinders is in die hospitaal dood.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê hy kan nie sê wat tot die selfdood gelei het nie. Volgens Makhele het die ma nie ’n brief agtergelaat nie. Dossiere vir nadoodse ondersoeke en moord is by die polisie geopen.