UPDATE: Senekal-verdagtes pleit onskuldig

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL. – Die hofsaak waar die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner (21) verskyn duur steeds voort.

Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (43) pleit onskuldig op die aanklagte van moord en roof. Die twee verdagtes het vir die eerste keer op 6 Oktober in die Senekal-landdroshof verskyn waar hulle borg geweier is. Mahlamba en Matlaletsa sê ook hulle ken mekaar nie en het mekaar vir die eerste keer by die taverne ontmoet waar hulle in hegtenis geneem is.

Vanoggend het die EFF-ondersteuners, AfriForum en boeregemeenskapslede bymekaargekom in en rondom Senekal bymekaargekom. Die boeregemeenskap wou op ’n stadium Senekal binnegaan, maar was deur polisiebeamptes gekeer.

Daar was verskeie padblokkades waar voertuie deursoek was vir vuurwapens.