Senekal bid vir vrede

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL. – Die inwoners van Senekal het ’n gebedsbyeenkoms by ’n sportveld gehou.

Die byeenkoms is deur geestelike leiers van verskillende kerke gelei. Almal teenwoordig het vir vrede in die Vrystaatse dorp gebid.

Die dorp is gereeld in die kollig weens die onlangse spanning ná die moord op die 21-jarige Brendin Horner, wat op ‘n plaas op die nabygeleë Paul Roux gewerk het. Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Horner maak Vrydag weer hulle verskyning in die Senekal-landdroshof.

Volg Find-it hier.