Barron Trump, pres. Donald Trump en sy vrou Melania se jongste seun, het ook positief vir Covid-19 getoets.
Dit volg nadat Trump op 2 Oktober bekend gemaak het hy het positief vir die virus getoets. Die presidentsvrou het gister die nuus van haar seun se toets op sosiale media bekendgemaak. Melania sê hy het geen simptome gehad nie en is ook weer intussen negatief getoets.
Volg Find-it hier.



