POFADDER. – Die verdagtes in die moord op Leon Brits, ’n sakeman van hier, gaan moontlik binnekort in hegtenis geneem word.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, bevestig die ondersoekspan werk deur die inligting wat hulle oor die moord versamel het. Ramatseba sê hy kan nie meer inligting oor die saak bekendmaak nie, maar daar sal binnekort verdagtes in hegtenis geneem word.
Hondeketting gewurg
Brits se lyk is op 7 Oktober deur sy vrou, Suretha, in hulle onderdakswembad gekry.
FiND iT het met ’n familievriendin gepraat wat sê Brits het sy vrou gebel en gevra om Pofadder toe te gaan om met take by die Pofadder-hotel te help. Sy was op Kakamas waar hulle kinders skoolgaan. Toe niemand ’n ruk later vir Brits in die hande kry nie, het sy vrou hom gaan soek.
Daar word beweer hy is met ’n hondeketting gewurg. Brits se roudiens is die naweek gehou.
Volg Find-it hier.



