KYK – polisiebeampte rand glo winkelbestuurder aan

Deel hierdie storie / Share this story

BOKSBURG. – In dié video wat soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het, kan gesien word hoe ’n polisiebeampte na ’n man stap, hom teen die grond druk en hom begin slaan. Daarna stap ’n ander polisiebeampte nader om die betrokke beampte te keer en weg te lei.

Bestuurder van Pick n Pay

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), bevestig die slagoffer is die bestuurder van Pick n Pay.

In hegtenis geneem

Opod stel ondersoek in na die beweerde aanranding van die winkeleienaar in Boksburg deur ’n polisiebeampte. Cola sê die betrokke polisiebeampte is in hegtenis geneem en sal vandag in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Volg Find-it hier.