Jamie du Toit (25) steeds soek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – “Dit breek my hart. My kleinkind soek sy mamma. Mens kan nie slaap nie en mens kan nie werk nie. Ek bekommer my dood.”

Die familie van die 25-jarige Jamie du Toit van Beaconsfield is baie bekommerd na sy gisteroggend om ongeveer 01:30 by die huis weggeloop het en steeds nie teruggekeer het huis toe nie.

Annemarie Bosman, Du Toit se skoonma, sê Du Toit se selfoon bly af en hulle kry haar nie in die hande nie. Hulle het haar ook as vermis aangemeld.

Du Toit het in die oggendure met haar man stry gekry, waarna sy besluit het om te loop.

Sophia Gatyeni, Du Toit se ma, sê sy kyk nou na die kindjie.

Die familie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle oë oop te hou en te laat weet sodra hulle haar miskien iewers gewaar. Kontak vir Annemarie by 062 559 0968 indien jy enige inligting het oor waar Du Toit haarself bevind.