Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle by te staan in die opsporing van die 27-jarige Samantha Voor wat op 11 Oktober vermis geraak het.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het Voor glo haar woning op Olifantshoek verlaat en nooit teruggekeer nie. oor het ‘n ligbruin gelaatskleur en is laas gesien in ‘n swart T-hemp en ‘n blou denim.
Enigiemand met inligting oor haar verdwyning kan vir sers. Mqaisa by 073 840 2654 kontak.



