Die waarheid agter The Bachelor word onthul

Deel hierdie storie / Share this story

Lee Thompson, Suid-Afrika se eerste bachelor, gaan binnekort ’n boek bekendstel waarin hy vertel wat regtig agter die skerms van the Bachelor gebeur.

Thompson berig die boek, The Truth Behind The Rose, handel oor die goeie en die slegte tye, asook die misleiding, manipulasie en leuens. Hy gaan lesers vertel van sy geestesgesondheidsprobleme wat hy ervaar het en hoe hy dit oorkom het.

In die boek vertel hy ook van sy verskillende verhoudings met die deelnemers. Lee sê hy het glo nooit vir die program ingeskryf nie, maar hy was deur die produksiespan genader. Lee sê hy het ook al ’n gesprek met die tweede bachelor gehad, Marc Buckner en hy voel dieselfde oor die leuens.

M-Net het na die bewerings berig hulle bied professionele hulp aan deelnemers wat aan enige werklikheidsprogramme deelneem.

Volg Find-it hier.