AfriForum beplan vreedsame protesaksie op Senekal

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum het besluit om voort te gaan om ’n vreedsame protesaksie op Senekal te reël vir Vrydag 16 Oktober. Die protesaksie sal om 10:00 begin.

“AfriForum het hierdie besluit geneem om te verseker dat die vreedsame meerderheid, wat op ’n geordende wyse hulle woede en misnoeë oor die terreur op plase wil toon, se stem nie stilgemaak word deur ’n klein groepie opstokers en die uitlokkende optrede van die EFF nie,” lui ’n verklaring op die organisasie se webtuiste.

“AfriForum en geweldgeteisterde gemeenskappe het die volste reg om woedend te wees oor moorde soos dié van Brendin Horner, maar AfriForum glo dit is belangrik dat die billike saak om optrede teen plaasmoorde te eis, nie besoedel moet word deur diegene wat die stryd teen plaasmoorde in onguns wil bring nie.”

Meer inligting oor die protesaksie sal binnekort bekend gemaak word.