André Pienaar verskyn môre wéér in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – André Pienaar verskyn môre in die Bloemfontein-hooggeregshof waar hy appelleer.

Dit volg na sy aansoek om borgtog op 13 Oktober in die Senakal-landdroshof afgekeur is.

Pienaar is op 8 Oktober na die Senekal-optog in hegtenis geneem en van poging tot moord, aanhitsing van geweld en openbare geweldpleging aangekla. Die terrorisme-aanklag is intussen teruggetrek.