‘Tandarts’ agter tralies

Deel hierdie storie / Share this story

JOHNNESBURG. – ’n Man is in hegtenis geneem nadat hy twee jaar as tandarts gepraktiseer het sonder dat hy by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) geregistreer is.

Wladimir Jovanovic het sedert 2018 as tandarts by dr. Abraham Behr Fait se praktyk gepraktiseer. Jovanovic is in hegtenis geneem en sou Maandag in die hof verskyn om aansoek om borgtog te doen.

Die saak sal ook na die Raad vir Mediese en Tandheelkundige Beroepe verwys word vir tugstappe teen Fait omdat hy ’n ongeregistreerde persoon indiens gestel het.

RGB het ook gesê hulle is bekommerd oor die aantal mense wat hulle voordoen as gesondheidspraktisyns en nie geregistreer is nie.

Volg Find-it hier.