Dié wolk laat die Bolanders koppe krap

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Dié foto’s van die wolk wat lyk soos ’n vlieënde voorwerp het soos ’n veldbrand gister op sosiale media versprei.

Facebook-inskrywings met foto’s van die wolk wat oor die Boland gehang het, het lesers en inwoners van hier laat wonder.

Dit staan beken as ’n lensiewolk. Die naam is afgelei van die Latyns, Lenticularis en is ’n statiese wolk. Hierdie wolk is in teenstelling met gewone wolke wat deur ndie wind aangedryf word. Aan die kante van hierdie wolk is daar tuberlensie daarom vermy vliegtuie die tipe wolk.

Volg Find-it hier.