Busongeluk op N1

Deel hierdie storie / Share this story

LAINGSBURG. – Daar was vanoggend om 04:30 ’n ongeluk op die N1, 10 km na Laingsburg.

Die passasiers was vir ’n geruime tyd in die wrak vasgevang. Niemand het in die ongeluk omgekom nie. Daar is ses mense in ’n kritieke toestand na die Laingsburg-hospitaal geneem. ’n Totaal van 56 ander beserings is aangemeld.

Die pad was deur die loop van de oggend toe en motoriste moes alternatiewe roetes gebruik.

Volg Find-it hier.