SENEKAL. – André Pienaar, die boer wat op 8 Oktober na die Senekal-optog in hegtenis geneem is, se borg is geweier en sal vir nog meer as ’n maand agter tralies bly.
Pienaar het vandag in die Senekal-landdroshof verskyn en sy borg aansoek is nie toegestaan nie. Die saak is tot 20 November uitgestel.
Na vandag se verskyning in die Senekal-landdroshof is die klag van terrorisme teen Pienaar teruggetrek. Pienaar word steeds van poging to moord, aanhitsing van geweld en openbare geweldpleging aangekla. Pienaar gaan in die hooggeregshof appélleer.
Die saak is uitgestel tot 20 November.
Volg Find-it hier.



