“Een moord is een moord te veel. Ons staan in solidariteit met alle slagoffers van misdaad, ongag of hulle in stede of op plase woon, of hulle boere of plaaswerkers is.”
Sy weeklikse nuusbrief
Cyril Ramaphosa het die week in sy weeklikse nuusbrief sy ontevredenheid oor plaasmoorde gedeel. Ramaphosa het gepraat oor die moord op die jong voorman, Brendin Horner asook die drie jong mans wat in dieselfde week doodgeskiet is, naamlik Mogamad Cloete, Tawqeer Essop en Andre Delft.
Ramaphosa se mense moenie dink plaasaanvalle raak net ’n klein gedeelte van die gemeenskap nie. Die boerderygemeenskap vorm ’n belangrike deel van die ekonomie en die landbousektor produseer die kosse wat mense eet.
Kwesbaarheid van plattelandse gemeenskappe
“Die bewering dat gewelddadige misdaad op plase deel is van ’n georkestreerde veldtog deur swartes om wit mense van hul grond af te haal, is eenvoudig nie op feite gebaseer nie,” sê Ramaphosa. Hy sê die rede vir die kwesbaarheid van plattelandse gemeenskappe is omdat hulle afgesonder is en gevolglik het hulle moeiliker toegang tot veiligheidsdienste.
Ramaphosa sê hy kan sien dat die wantroue van die verlede nog nie afgeskud is nie, na aanleiding van die optog by Senekal toe die verdagtes vir die moord op Horner in die landdroshof verskyn het.
“Alhoewel die woede oor die onsinnige moord geregverdig word, kan mense nie eie reg gebruik nie.”
Volg Find-it hier.



