Seun (4) dood in boks gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WARRENTON. – Daar word beweer ’n seun (4) is gister in ‘n boks, bedek met ‘n kombers, in Ikhutseng Warrenton gevind.

Die seun het glo gister om 11:00 sy huis verlaat om na ‘n plaaslike snoepwinkel te gaan. Hy het nie weer terug huis te gekom nie. Hy is deur die gesin as vermis by die plaaslike polisiekantoor aangemeld. ’n Soektog is onder leiding van kapt. Fourie van Warrenton begin.

Die lyk van die oorledene is gisteraand by ’n verdagte se huis in Ikhutseng gevind. ’n Verdagte (36) is in hegtenis geneem. Die motief van die moord is nog nie vasgestel nie.

Die slagoffer is as Thapelo Monageng geïdentifiseer.

Die verdagte sal na verwagting op Maandag 12 Oktober 2020 voor die Warrenton-landdroshof verskyn.

Die ondersoeke duur voort.