BRITS. – Flippie Gouws (50) was op pad werk toe met sy fiets toe hy wreedaardig deur verdagtes met ’n panga en hamer aangeval is.
“Flippie het vertel hy was Saterdagoggend om 05:20 in Hendrik Verwoerdlaan net na die Buco-indraai deur twee mans aangeval,” vertel sy vrou in ’n Facebook-inskrywing. Daarna het hy te voet na sy werksplek geloop en sy werknemer het nooddienste ontbied om hom Medi Clinic toe te neem. Volgens sy vrou het hy ses kopwonde en ’n skedelfraktuur opgedoen.
Flippie is intussen uit die intensiewesorgeenheid ontslaan, maar is steeds in die hospitaal.



