KIMBERLEY. – ’n Staking deur munisipale werkers wat op Dinsdag 6 Oktober 2020 begin het, duur steeds voort. Die stakings sal glo tot volgende week Maandag voortduur.
Werkers eis die onmiddellike implementering van ’n Covid-19-gevaartoelaag, ’n 6.5% salarisverhoging, oortydbetaling, die permanente aanstelling van kontrakwerkers en ’n nagtoelaag vir verkeersbeamptes.
Inwoners van die stad is erg gefrustreerd met die situasie, aangesien niemand hul munisipale rekeninge kan betaal of lisensies hernu nie.



