Mans en vroue, oud en jonk, doen môre ’n spontane optog na Waldi van Zyl (64) en sy vrou, Cynthia (53) op hul plaas in Spitskop vir meer as ’n uur aangehou en wreed gemartel is.
Pype en houtplanke geslaan
Die aanvallers het die egpaar met pype en houtplanke geslaan. Cynthia se neus is met ’n moersleutel vasgeknyp en gedraai. Waldi is per helikopter na Johannesburg-hospitaal geneem terwyl Cynthia per ambulans na Emalahleni geneem is. Die verdagtes het selfone, Waldi se bakkie, twee vuurwapens, juweliersware en geld geneem.
Verdagtes bekendgemaak
’n Manlike verdagte (28) is verlede week in hegtenis geneem en sal na verwagting môre vir borgtog aansoek doen. Die polisie is nog op soek na vyf ander mans wat ook by die voorval betrokke was. Die polisie het gister die identitiet van die ander verdagtes bekendgemaak. Enige iemand met inligting moet die speurkanoor by 012 932 9200 of sers. Mahlangu by 076 424 7079 skakel.
Almal wat die Bronkhorstspruit-optog bywoon, sal 9:00 by die Bronkhorstspruit-landdroshof bymekaarkom, waar die een verdagte verskyn. Daar word verwag dat duisende mense weer met motors, bakkies en trekkers aan die optog sal deelneem.





