OPVOLG: Kuruman-skrywer se man vas vir moord

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN. – Hennie Oosthuizen (68) het na bewering sy vrou, Zoetje (65), met ’n slagtersmes aangeval en doodgesteek.

Oosthuizen het glo vir Zoetje in hulle huis gedreig waarna die polisie na die huis ontbied is. Oosthuizen is na bewering van die perseel verwyder, maar nie in hegtenis geneem nie. Die Oosthuizen-egpaar was ongeveer 18 maande getroud en was besig om te skei.

Oosthuizen het Vrydagoggend in die landdroshof op Kuruman in die Noord-Kaap in verband met die moord verskyn. Hy sal weer op 12 Oktober vir borgtogaansoek in die hof op Kuruman verskyn.