KIMBERLEY. – Daar is Sondagoggend om 03:50 by dr. Carlo Grebe se kantoor by Healthy Smiles Dental Studio ingebreek. Die polisie is na die verdagte(s) op soek.
Dr. Grebe sê ondermeer is rekenaars, kamaras en ’n koffiemasjien gesteel. Hy sê die inbreker(s) het baie skade by die kantoor aangerig soos hulle water gemors het en monitors afgebreek het. Die inbreker(s) het ook kolligte afgesny en gesteel.
Die polisie was dadelik na die toneel ontbied en het vingerafdrukke geneem.
Op die CCTV-video’s kan gesien word hoe een inbreker in die kantoor ronddwaal en goedere deur die venster tel.



