LIMPOPO. – Die liggaam van Raymond Gregory Papabavlou (28) is vanoggend met verskeie skietwonde in ’n huis op ’n plaas tussen Groblersdal en Stoffberg gevind.
Beamptes is in die vroeë oggendure na die Frischgewagt-plaas ontbied waar die liggaam aangetref is. Sy vrou het glo in die sitkamer gesiten van vuurwapenskote wakker geskrik. Na bewering het sy haar vuurwapen geneem en ook skote begin afvuur.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê ’n ondersoek na die presiese omstandighede rakende die voorval is van stapel gestuur.
Volg Find-it hier.



