Robyn-Leigh Jampies en Linathi Makawu is op Saterdag 3 Oktober as die amptelike Mnr. en Mej. Noord-Kaap tydens ’n opwindende, eerste-in-sy-soort in die Noord-Kaap, virtuele zoom kompetisie gekroon.
Dit is die tweede amptelike kompetisie vir Mnr. en Mej. Noord-Kaap. Deelnemers wat hierdie virtuele geleentheid bygewoon het, kom van Kimberley, Ritchie en Kathu.
Die kompetisie bestaan uit ’n toekenning vir openbare keuse, waar die publiek vir die finalis op ’n Facebook-stemwebwerf moet stem. Ook ’n sosiale media-toekenning en twee debutanttoekennings; een vir liefdadigheid wat vir die Jannie Brink Spesiale Skool op Barkley-Wes ingesamel is en een vir finansiële ondersteuning vir die Santa’s Shoebox-projek aan die einde van Oktober.
Hulle word dan ook afsonderlik beoordeel vir ‘n onderhoud en loopplankloop deur vyf beoordelaars wat uit die Noord-Kaapse gemeenskap sowel as die vorige wenners gekies word. Die doel van die kompetisie is om die Noord-Kaap as ’n toeristebestemming te bevorder, liefdadigheidswerk in die hele Noord-Kaap te verrig en te help met pligte saam met sakelui, organisasies en die Noord-Kaapse regering.
Robyn-Leigh Jampies (21) studeer vir ’n graad in kommunikasiekunde aan UNISA.
Robyn is ook ambassadeur vir verskeie handelsmerke. Sy het ’n tweede plek behaal in Miss Beauty of the Northern Cape Photogenic Competition en was ’n finalis van Cansa Matrieknooi in 2016.
By die amptelike Mnr. and Mej. Noord-Kaap-kompetisie het sy ook die Sosiale Media-toekenning, Openbare keuse-toekenning en die Debutant Finansiële-toekenning gewen.
“Ek is dankbaar vir al die ondersteuning van elke persoon wat vir my gestem, skenkings gemaak en aangemoedig het. Ek bedank almal vir die ondersteuning en liefde tydens hierdie reis. Ek dank God vir hierdie groot seën en kan nie wag om my tydperk as die nuwe Mej. Noord-Kaap 2021 te begin nie. Ek is hier om ’n verskil in my gemeenskap te maak en om lewens te verander,” het Robyn gesê.
Linathi het verskeie groot kompetisies gewen – o.a. Mr. Junior Teen South Africa 2019, Mr. Beach Body South Africa 2019, Mr. King of the Universe 2019, Mr. Tourism SA 2020.
Hulle gaan albei hul eerste liefdadigheidswerk doen deur al die items wat vir die kompetisie ingesamel is, na die Jannie Brink Spesiale Skool op Barkley-Wes te neem.
Mandy de Klerk, eienaar van die Official Mr. and Miss. Northern Cape Pageant PTY LTD, het gesê dat hierdie kompetisie ’n groot sukses was. “Hoewel ons met Covid-19-uitdagings te staan gekom het, wag daar reeds ’n vol skedule op die wenners. Ons help hulle om hul kalender te organiseer, maar hulle neem ook inisiatief om hul eie geleenthede en liefdadigheidsuitreike te organiseer,” sê sy. “Albei hierdie wenners is toegewyde, harde werkers wat hierdie titels met grasie en toewyding aanvaar.”





