Kragopteller moet eers ‘wys’ sy is ’n vrou voor sy mag vlieg

Deel hierdie storie / Share this story

Anna Turaeva (42), ’n wêreldklas Russiese kragopteller, is onlangs op die lughawe in St. Petersburg op pad na Krasnodar voorgekeer toe sy op ’n vlug wou klim.

Volgens East2West News is Turaeva voorgekeer en moes sy aan die personeellede bewys dat sy wel ’n vrou is, na hulle op haar paspoort gesien het dat sy ’n vrou is en nie heeltemal oortuig was daarvan dat dit die waarheid is nie.

Die personeel van Utair-lugredery het haar glo voor die ander passasiers intieme vrae gevra oor haar seksualiteit. “Dit was vernederend. Ek is soos ’n kind voor die ander mense berispe. Hulle wou weet watter rol ek in die lewe en tussen die lakens speel,” het Turaeva op Instagram gedeel. “Die hele ry mense het na die gedoente gestaan en kyk. Ek het net probeer om te bewys dat ek wel ’n vrou is.”

https://www.instagram.com/p/CBGs5CXBgUA/?igshid=xbwghfg3lbtw

Turaeva, wat ’n paar jaar gelede haar homoseksualiteit in die openbaar bekend gemaak het, het nie gespesifiseer hoe sy die personeel uiteindelik kon oortuig nie.

Die Utair-personeel het later vir haar om verskoning gevra en gesê die manier waarop sy behandel is, is onprofessioneel en onaanvaarbaar.

https://www.instagram.com/p/CABMidmB5UH/?igshid=42lp7fwfku9m