KIMBERLEY – Die bekende Wanderers-stadion in Johannesburg is die eerste in Suid-Afrika om groen te gaan.
In ‘n persverklaring vandag uitgereik sê die stadionbestuur hulle is verheug om in vennootskap met Imperial SolarSaverGroup broodnodige sonkrag na Suid-Afrika se mees ikoniese veeldoelige stadion te bring.
Deur hierdie vennootskap sal die 28,000 kapasiteit stadion deur beskikbare sonkrag groot druk op die netwerk verminder.
“Hierdie is ‘n stap in die regte rigting om die koolstofspoor te verminder,” sê Cyril Martin, die stadionbestuurder.
Die doel van die vennootskap is deel van die Sentraal Gauteng krieket-unie se langtermyn strategiese voorneme om die omgewing te beskerm en sy natuurlike hulpbronne te onderhou vir die huidige en toekomstige nageslag, het Jono Leaf-Wrigh, Hub van die Lions, gesê.
Hy het bygevoeg dit is die gesamentlike verantwoordelikheid van sport en besigheid om innoverende maniere te vind om ons planeet te beskerm.
Ter afsluiting het Leaf-Wrigh gesê hulle is trots om saam met SolarSaverGroup te strewe om die Bullring as die beste stadion in die land te vestig.



