Donald Trump (74), Amerikaanse president en sy vrou, Melania, het Vrydag positief getoets vir Covid-19.
“Ons sal dadelik in kwarantyn gaan en die herstelproses aan die gang sit. Ons sal saam hierdeur kom,” het Trump in ’n plasing op Twitter gesê.
Trump is weens sy ouderdom in die hoërisikogroep van Covid-19-pasiënte.



