Vals ontvoeringsvideo saai paniek

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Brig. Sabata Mokgwabone het Woensdag gesê die polisie het ‘n soektog geloods na ’n ontvoeringsvideo wat op sosiale media versprei is.

Die video het blykbaar ‘n ontvoering uitgebeeld wat na bewering in Klerksdorp plaasgevind het. Na ’n wye soektog en verskeie ondersoeke is daar gevind die video is vals en geen voorval is aangemeld nie. Volgens Mokgwabone is die voorval in die video gefabriseer met die doel om paniek onder die publiek te saai.

Sello Kwena, polisiekommissaris in die Noordwes, het mense versoek om eers inligting wat hulle op sosiale media kry by die polisie te verifieer voordat hulle dit op hulle netwerk versprei.

Volg Find-it hier.